Stellenbosch Tak Nuusbrief

Branch Newsletter Image

'n Hartlike hallo van een van die pragtigste plekke in die provinsie - ons weet, ons is bevooroordeeld. Ons is geharde Stellies-aanhangers en ons is eenvoudig mal oor ons pragtige tak, dorp, gemeenskap en alles wat dit bied. Wanneer jy ons by Die Boord besoek, is dit nie net ’n geleentheid om van die voorste nie-indringende behandelinge in SA te kry nie, maar geniet ook van die land se beste kos-, wyn- en leefstylervarings. Ons deel graag ons nuutste ontdekkings! Hier is 'n bietjie binnekring advies plus die jongste behandeling en produknuus wat ons graag wil deel.

Winter kruip stadig nader, so ontspan 'n oomblik en raak gesellig!

Ons ongelooflike span: Nuus van die Stellies lede
Branch Newsletter Image

Lisa trou binnekort – die 18de Junie om presies te wees. Hulle het einde verlede jaar verloof geraak. Ons wens haar net die beste toe vir die laaste reelings!

Branch Newsletter Image

Ons het verjaarsdae in Maart en April gevier. Anneke, Lisa en Megan het ons goeie rede gegee om die eerste deel van 2022 in goeie luim af te skop.

Vir ons, en sekerlik vir baie ander, voel dit asof alles weer begin “normaliseer”. Ons begin weer reis vir werksdoeleindes, vier spesiale geleenthede (sommer net) en daar is ‘n gevoel van meer spontaneïteit. Anneke het ons leierskap konferensie in Johannesburg bygewoon. Dit was inderdaad ‘n byeenkoms met mense teenwoordig.

Branch Newsletter Image

Ons pragtige Skin Renewal Kaap-leiers oppad na Gauteng!

Van Links na Regs: Marzet (Willowbridge), Lee-Zay (Claremont), Anneke (Stellenbosch), Storm (Cape Quarter), Helette (Paarl) and Charleen (Constantia)


Ons kinders het ook wonderlike ervaringe gehad, waarvoor ons baie dankbaar is. Na twee jaar kon hulle weer in person begin teruggaan skool toe. Die afgelope twee jaar se uitdagings is bykans net herinneringe.

Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image

Anneke se seun, Lian, het sy skool loopbaan in graad 1 begin. Haar dogertjie, Nina, is binnekort 3 jaar oud. en Dokter Rulene se Stella het graad R begin.

Branch Newsletter Image

Megan se bondeltjie vreugde is sowaar 6 maande oud! Inderdaad wonderlike mylpale vir almal

Ons nuuste Behandeling: Sculptra

DRAAI DIE HORLOSIE TERUG MET ONS NUWE SCULPTRA INSPUITBARE BEHANDELING


Skin Renewal bly altyd op hoogte met die mees innoverende en nuutste neigings in die estetietese veld. Ons is trots om te deel dat Sculptra – die jongste op die gewilheidslys – nou by al 18 van ons takke landswyd, beskikbaar is.


Hoekom is ons so opgewonde oor hierdie toevoeging tot ons lys van behandelinge?


Sculptra is die eerste en enigste FDA-goedgekeurde PLLA (Poly-L-Lactic-Acid) inspuitbare gesigsbehandeling wat bewys dat dit die se eie kollageen produksie stimuleer.


√ Sculptra werk geleidelik van binne na buite in die vel om kollageen geledelik te herbou.


√ Aangesien Sculptra inspuitbaar is, kan dit die in die vel toegedien word en sodoende kollageen n goeie hupstoot gee.


√ ’n Reeks van net drie Sculptra-behandelings verbeter die voorkoms van fyn lyntjies en plooie, en lewer ’n algehele, meer jeugdige voorkoms.


√ 94% van Sculptra kliënte is dit eens dat hul resultate twee jaar na behandeling natuurlik lyk.


Waarom moet jy Scupltra moet oorweeg?


Vanaf ons mid twintigs, ervaar die meeste van ons 'n afname van ongeveer 1% in kollageenproduksie. Teen middel 40 sien ons dat daardie persentasie geleidelik toegeneem het tot 25% jaar na jaar. Alhoewel die afname in kollageen nie maklik in die twintigs opgemerk word nie, kan dit heelwat meer merkbaar tydens jou vyftigerjare wees (jou vel se midlewe periode).


Sculptra spreek dus die onderliggende oorsake van veroudering simptome pro-aktief in plaas van reaktief aan.


Om meer uit te vind oor Sculptra behandelinge, gesels gerus met jou terapeut of dokter tydens jou volgende afspraak.

Branch Newsletter Image

Ons het onlangs die voorreg gehad om vir Dokter Gareth en die res van die Skin Renewal Kaap dokters bymekaar te kry vir opleiding in ons nuwe Sculptra Liquid lift behandeling.

Super-Hero Serum
Branch Newsletter Image

Hoekom is Lisa mal oor die SkinCeuticals Resveratrol BE ?

"As 'n kragtige antioksidant werk Resveratrol nie net teen die skade van vrye radikale nie, maar help ook om die voorkoms van fyn lyne, hiperpigmentasie, tekstuur en algehele glans te verbeter.

Hierdie lieflike syagtige serum kan snags gebruik word om te help met velverjonging.” - Lisa Smith

Slipper Dag by Skin Renewal

Ons is mal daaroor om spesiale liefdadigheid organisasies te ondersteun en ons gaan nie die kans mis om ons beste (pantoffel)voetjie voor te sit saam met Reach for a Dream se jaarlikse Slipper Dag nie!

Branch Newsletter Image
Wandel deur Stellenbosch: Geniet asof jy hier hoort

Ons is eenvoudig versot op ons dorp met wonderlike plekke wat van die beste kos en wyn ervaringe in die land bied. Geniet ons koffie kultuur. Ervaar die pragtige dorp te voet. Plein-, Dorp- en Kerkstraat bied soveel plekke om heerlik te smul voor of na jou besoek aan Skin Renewal vir ‘n behandeling.

Branch Newsletter Image

The Fat Butcher (Van Riebeeckstraat 1, Stellenbosch) – aandete hier is beslis een van ons gunstelinge. Hulle dékor is pragtig en die atmosfeer feestelik. Die “los lekkertjies” na ete dra by tot die hele ervaring. Totaal aangenaam.

Branch Newsletter Image

Meraki (Kerkstraat 43, Stellenbosch) -  nuut gevestig met n liplekker spyskaart wat mens nooi om vroeg om te staan vir ontbyt. Dit is baie stylvol, dog eenvoudig en ideaal vir iets om te eet dwarsdeur die dag (hulle is oop van 7vm tot 7nm). Die atmosfeer is so inspirerend soos hul vars en heerlike kos. Besoek hulle gerus!

Branch Newsletter Image

The Vine Bistro by Glenelly Landgoed (Leliestraat, Ida’s Valley, Stellenbosch) -  hierdie ervaring van ‘n wyn landgoed is so naby. Vanaf Die Boord neem dit ongeveer 7 to 10 minute vir ‘n heerlike middagete. Geniet die uitsig van die wingerde vanuit ‘n tipies Kaapse tuin.  Die spyskaart is Frans geinspireer, maar tog ongesmuk en voldoende. Dit is ‘n bederf met ongelooflike uitsigte van die Stellenbosch berge en nog meer.

Branch Newsletter Image

Tahren en Lisa geniet 'n rustige aandjie uit by The Fat Butcher

Hoe klink Vitamine A, B en C binneaars toegedien?
Branch Newsletter Image

‘n Skemerkelkie minerale en anti-oksidante, binneaars toegedien, beteken pasiënte kan tot tien maal meer voedingstowwe per dag absorber as wanneer dit per mond geneem word. Vitamine C kan byvoorbeeld verkoues, griep en simptome veroorsaak deur viruses, effektief behandel.

By Skin Renewal bied ons verpleegsuster Wilna pasmaak binneaarse vitamien terapie (toegedien in ‘n gemaklike kamer in ons tak). Die toediening word spesifiek gemeng in lyn met dit wat jou liggaam benodig.

Gesels met gerus met Wilna oor hoe jy jou vitamine binneaars kan kry om te help om jou immuniteit te versterk en gesondheids aspekte te verbeter.

Verander Lewens!

Skin Renewal se visie is om oneindige transformasie te bewerkstellig in die lewens van almal met wie ons in aanraking kom. Hierdie jaar doen ons ‘n projek saam met Komani om jong lewens te verander. Jaarliks mis 10 000 meisies skool bywoning as gevolg van die tekort aan sanitêre behoeftes.

Komani vervaardig hoë kwaliteit, wasbaar- en herbruikbare sanitêre doekies wat volhoubaar en omgewings vriendelik is. Ons doelwit is om 1 000 pakkies van hierdie herbruikbare doekies te skenk aan al die organisies wie ons ondersteun. Vir elke 100 pakkies wat ons kry, sal ons tyd met die begunstigdes spandeer om hulle beter in te lig oor persoonlike higiëne asook hoe om hulle sanitêre doekies te gebruik en te versorg. Een pakkie kos so min as R150 en die doekies kan tot drie jaar hou. Om die doekies vir een menstruele siklus te was, benodig slegs 6 liter water.

Ons pasiënte is so wonderlik en voeg hul bydraes by hul rekeninge. Ons waardeer elke bydrae en sê baie dankie!

Skin Renewal se Lojaliteits Program

“SkinBucks” is ons komplimentêre lojaliteits program wat jou, ons Skin Renewal pasient, beloon vir jou volgehoue ondersteuning. As ‘n lid van die Lojaliteits Program, kry jy “SkinBucks” elke keer as jy by enige van ons 18 takke of by ons aanlynwinkel betaal. Hierdie punte kan gebruik word vir behandelinge, produkte of geskenkbewyse. Vir meer inligting oor die program, praat gerus met enige van ons spanlede tydens jou volgende afspraak.

Bederf vir Ma in die maand van Mei!
Branch Newsletter Image

Soek jy dalk nog na die perfekte geskenk vir Ma vir Moedersdag komende Sondag? Wat van 'n Skin Renewal geskenkbewys.

Ons oorvloedige reeks van behandelinge en produkte bied almal the geleentheid om te kies wat hulle regtig wil he.

Ons geskenkbewyse is beskikbaar in die tak of aanlyn!

Ons sien baie uit daarna om jou binnekort weer by ons kliniek te sien. Intussen, kuier gerus by ons op Instagram en Facebook vir al die nuutste produkte, behandelinge en Stellenbosch-tak nuus.

Indien jy nie geweet het nie, ons het ‘n toegewyde WhatsApp nommer – 0871531034 – hier kan ons jou help met enige ingligting, afsprake en meer.

Ons wens jou ‘n goeie jaar vorentoe gevul met liefde en geluk!!

Baie liefde 

Jou Skin Renewal Stellenbosch Span

Xoxo

Web Analytics