Stellenbosch Nuusbrief Julie 2023

Branch Newsletter Image

Bekende en nuwe gesigte, blaaskansies, verjaarsdae en die verwelkoming van ‘n nuwe baba – hierdie is van die dinge wat ons gelukkig, gesond en positief maak in ons tak. Maak jouself gemaklik en geniet hierdie nuusbrief.

"Welkom" en "Welkom terug"!

Ons is opgewonde om twee nuwe terapeute in ons takt e verwelkom. Celest en Mecan is nog net ‘n kort tydjie hier, en hulle is reeds goed gevestig en besig om die lewens wat hulle mee in aanraking kom, te verander.

Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image

Ons is so bly Dr Graham het ‘n welverdiende ruskansie geneem. Dr Graham is terug vanaf die pragtige Cederberg. Welkom terug, dokter Graham, ons het jou regtig gemis.

Branch Newsletter Image
Megan neem die voortou

‘n Rukkie gelede was Megan bevoorreg om Skin Renewal se heel eerste Mede-Leiers Konferensie by te woon. Dit het plaasgevind by die City Lodge Courtyard Hotel in Waterfall City, Midrand, Johannesburg. Die tema was “’n reis van liefde, leierskap en toewyding”.

Branch Newsletter Image

Tydens die twee dae het elke leier die geleentheid gekry om hul eie leierskap reis te kies en saam te stel. Hulle kon dit doen deur te kies tussen kundig saamgestelde aktiwiteite wat die verskillende aspekte van leierskap weerspieël soos gesien deur die lens van Skin Renewal.

Hierdie maand se gewildste produk
Branch Newsletter Image

Tahren is huidiglik versot op die nuwe Neostrata PHA Renewal lappies. Hulle is deurweek met 4% Polyhydroxy suur (PHA) en is geskik vir selfs die mees sensitiewe vel tipes. Dit skilfer sagkens en bevogtig om ‘n dowwe vel in ‘n blosende gelaat te verander.

Verjaarsdae, babas en avonture!
Branch Newsletter Image

Anneke se dogtertjie moes eenvoudig haar 4de verjaardag vier met Barbie as tema. “I’m a Barbie Girl” deur Aqua was gepas vir die viering wat elke volwassene se hart sou steel.

Branch Newsletter Image

Stella, Dr Rulene se dogtertjie, was wonderlik bederf met n yslike reënboog kleurige 7. Ons kan sien hoe jy jou verjaarsdag geniet het, Stella.

Branch Newsletter Image

Ons het behoorlik fees gevier in April met Lisa se baba partytjie. Kort daarna was ons saam met haar oorstelp toe klein Noah op 19 April gebore is. Hy het 3.3kg geweeg by geboorte en ons kan nie wag om hom in person te ontmoet.

Branch Newsletter Image

Dr Helenka het tydens die laaste week in Mei aan die George Mountain Ultra Trail 25km deelgeneem. Deel van die hard werk van deelname, is beeldskone natuur. Die MUT by UTB roete beloof van die mees asemrowendste uitsigte oor die Indiese Oseaan na die suide en die uitgestrekte Karoo in die noorde. Ons is trots op jou, Dr Helenka, vir jou deursettingsvermoë en toegewydheid om te bereik wat mens jou hart op sit.

Branch Newsletter Image

Dr Rulene het ‘n wonderlike tyd in Dubai deurgebring saam met haar familie. Sy het die prag van die stad ervaar en ons hoop sy het dit op haar Instagram profiel gedeel.

Ons Julie Promosie
Branch Newsletter Image

Ons sien baie uit daarna om jou binnekort weer by ons kliniek te sien. Intussen, kuier gerus by ons op Instagram en Facebook vir al die nuutste produkte, behandelinge en Stellenbosch-tak nuus.

Indien jy nie geweet het nie, ons het ‘n toegewyde WhatsApp nommer – 0871531034 – hier kan ons jou help met enige ingligting, afsprake en meer.

Ons wens jou ‘n goeie jaar vorentoe gevul met liefde en geluk!!

Baie liefde 

Jou Skin Renewal Stellenbosch Span

Xoxo

Web Analytics