Stellenbosch Nuusbrief

Branch Newsletter Image
Wat is nuus by Skin Renewal Stellenbosch?

Stellies blom, en dis die beste tyd om in ons pragtige dorp te wees. Tuin Week 2022 is om die draai om meer tot die wonder van lente, by te dra.

Voor ons blomme en tuine praat, lees gerus meer omtrent ons eie Skin Renewal familie.

Partytjie Tyd by Ons!

Tahren het haar verjaarsdag gevier, en voor ons kon oë knip, is dit ‘n jaar en Megan se klein Gia loop, praat en vier haar eerste verjaarsdag.

Baie geluk aan julle albei! Ons wens julle die beste jaar vorentoe.

Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image

Lisa het die knoop deurgehaak en is nou Mev Jordaan. Baie geluk Lisa en Mnr Jordaan!

"A happy marriage is a long conversation which always seems too short." - Andre Marois.

Branch Newsletter Image

Wanneer Minki by die tak kom kuier vir haar maandelikse behandelinge met Lisa, is dit groot vreugde. Dis goed om die “voor en daarna” foto’s te sien. Onthou jy kan al die wonderlike effekte van behandelinge sien op Skin Renewal TV.


Branch Newsletter Image
Ons Ondersteun Borskanker Bewustheid

Oktober is altyd ‘n tyd om bietjie rustiger te raak en na te dink oor vrouilke gesondheid. Moenie nalaat om vir daardie belangrike mammogram te gaan. Ons pienk strikkies, sal jou help onthou van al jou tientalle daaglikse verpligtinge en ook om nie te vergeet om jou gesondheid voorop te stel.

Branch Newsletter Image
Dr Rulene se Vakansie in Pragtige Spanje

Dr Rulene en haar man, Danie beoog al ‘n geruime tyd om Spanje te ervaar. As ervare driekamp atlete, het hulle die Ironman Barcelona gedoen in Callela, aan die kus van Barcelona. Na die ervaring het hulle ‘n welverdiende afblaas tyd in Majorca geniet, waar hulle die pragtige Meditereense See en helder warm oseaan kon beleef.

Branch Newsletter Image
Dr Helenka Deel Velsorg vir die Somer

Ons is gereed om jou te help om jou vel deur hierdie somer te beskerm. Somer beteken son en UV strale in oormaat. Suid-Afrikaners kry gereeld pigmentasie en die eerste stap om dit in toom te hou, is om jou vel teen die son te beskerm met ‘n uitstekende SPF.

Dr Helenka sê “Heliocare 360° Pigment Fluid SPF 50 is ‘n ultra ligte son beskermer wat help om hiperpigmentasie te voorkom en te verbeter terwyl dit ook die velkeur eenvormig maak.”


Branch Newsletter Image
Terug na Blomme en Tuine
Branch Newsletter Image

Ons streek is bekend vir wyn landgoedere, wonderlike restaurante en naweek wegbreek plekke, maar Stellies en omgewing huisves ook van die land se mooiste tuine. Sommige, soos Vergelegen, Dylan Lewis en Babylonstoren is deurentyd toeganklik, maar ander prag opsies maak net hul verskyning tydens amptelike Tuin Week. Jy hoef nie groen vingers te hê om van die mees inspirerende privaat buitelug areas te sien en net hoe absoluut betowerend tuine is.

Dit is bykans onmoontlik om uitsonderinge te maak, maar as ons moet, sal ons Rustenburg Manor House Ope Tuin tussen 28 en 30 Oktober, aanbeveel. Die beste botterbroodjies is ‘n moet onder die groot eikebome. Besoek ook hulle kwekery wat in hierdie tydperk beskikbaar is. Besoek gerus hierdie webwerf vir die volledige feesprogram:

https://gardentown.visitstellenbosch.org

Skin Renewal Loj

Ons komplimentêre lojaliteits program beloon ons gewaardeerde pasiënte vir hul volgehoue lojaliteit. Sodra jy 'n pasiënt van ons word, word jy outomaties by die program ingeskakel. Elke keer as jy spandeer by een van ons takke of ons aanlyn winkel, verdien jy SkinBucks wat in enige tak gebruik kan word as betaling tot dienste, produkte of geskenkbewyse (wanneer jy die Gold vlak bereik het).

Die SkinBucks program bestaan uit 3 vlakke:

  • Onyx (jy ontvang 1% van jou totale transaksie as SkinBucks)
  • Gold (jy ontvang 5% van jou totale transaksie as SkinBucks)
  • Diamond (jy ontvang 10% van jou totale transaksie as SkinBucks)

Vir nadere besondere of om die vlak waarop jy is te bevestig, gesels gerus met enigeen van ons personeel wanneer jy weer in die tak is.

Ons Oktober Promosies vir JOU!
Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image

Ons sien baie uit daarna om jou binnekort weer by ons kliniek te sien. Intussen, kuier gerus by ons op Instagram en Facebook vir al die nuutste produkte, behandelinge en Stellenbosch-tak nuus.

Indien jy nie geweet het nie, ons het ‘n toegewyde WhatsApp nommer – 0871531034 – hier kan ons jou help met enige ingligting, afsprake en meer.

Ons wens jou ‘n goeie jaar vorentoe gevul met liefde en geluk!!

Baie liefde 

Jou Skin Renewal Stellenbosch Span

Xoxo

Web Analytics