Skin Renewal Stellenbosch Nuusbrief Mei 2021

Branch Newsletter Image

'n Harlike dagse vanaf Die Boord! Ek hoop dit gaan goed terwyl die koue op ons toe sak. Maak 'n lekker koppie warm sjokolade terwyl ek jou op hoogte bring met ons doen en late!

Feesvieringe

Die feesvieringe het afgeskop met ons liefling Rose wat huishulp van die jaar gewen het, en takbestuurder Anneke wat haar 10 jaar diensprys ontvang het tydens ons jaarlikse-toekenningsgeleentheid wat aanlyn einde verlede jaar gehou is. Ons is ongelooflik trots op hulle!

Branch Newsletter Image

Gepraat van tien jaar, ons vier ons tiende jaar in Stellenbosch hierdie maand! Die uitvoerende hoof van Skin Renewal, Victor, het kom inloer om 'n glasie saam met ons te klink.

Branch Newsletter Image

Verpleegster Wilna het 60 jaar rondom die son gevier en ons het byna net soveel muffins geëet om die spesiale geleentheid te erken!

Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image

Laaste maar nie die minste nie, baie geluk aan terapeut Megan wat later vanjaar 'n klein bondeltjie vreugde verwag. Sy gaan in September met kraamverlof en ons wens haar alle sterkte en geluk toe gedurende hierdie baie spesiale tyd.

Branch Newsletter Image
Nuwe Nuus

Ons is baie opgewonde om die Dermapen 4-behandeling bekend te stel. Dit is die mees gevorderde weergawe van die velnaaldtoestel tot nou toe, en doen wondere vir littekens en rekmerke. Dit is ook 'n uitstekende behandeling vir die verbetering van die vel se elastisiteit asook vir die voorkoms van porieë, met min tot geen geneestydperk nie.

Branch Newsletter Image

Nog 'n wonderlike nuwe toevoeging is ons radiofrekwensie (RF) behandeling, die Lavatron. Dit is ‘n pynlose behandeling wat die dieper weefsels in die vel verhit om kollageen vorming te stimuleer, los vel stywer te maak en selfs hardnekkige vet af te breek. Dit is ‘n heerlike warm behandeling vir die koue wintersdae.

Dinge het 'n glanswending geneem toe die tak verander het in 'n film stel vir Minki van der Westhuizen se insiggewende en inspirerende geselsprogram, MINKI. Minki bring tyd saam met haar naaste vriende en familie op die skerms deur terwyl hulle 'n velsorgreis saam met ons beleef. Dit wys Maandae om 20:00 op VIA TV (Dstv-kanaal 147).

Branch Newsletter Image

Die lieflike Colinda Brits op stel saam met Minki, Dr Graham en Dr Shahra.

Branch Newsletter Image

Margiet Groenewald, het ‘n velsorgreis saam met Minki gewen, en word hier gesien saam met Dr. Shahra en Dr. Rulene, wat 'n unieke pakket vir haar geskep het.

Skin Renewal se Lojaliteitsprogram

Skin Renewal se lojaliteitsprogram beloon ons pasiënte met die waardering wat hulle verdien! Lidmaatskap is gratis en stel jou in staat om SkinBucks te verdien elke keer as jy jou behandlinge doen of produkte aanvul. SkinBucks word toegeken op alle behandelinge, produkte of geskenkbewyse. . Die program het drie vlakke, Jade (ontvang 1% terug in SkinBucks), Pearl (ontvang 5% terug in SkinBucks) en Diamond (ontvang 10% terug in SkinBucks).

Gesels met my of enige spanlid wanneer jy weer ons tak besoek vir meer inligting!

Branch Newsletter Image
Terruggee

Ons is altyd gewillig om 'n goeie saak te ondersteun en was net te bly om vroeër vandeesmaand aan die Slipper Day deel te neem. Ons kon die gemaklikste skoene in ons kas aantrek terwyl ons fondse insamel vir die Reach For A Dream-stigting. Alhoewel die geleentheid dalk verby is, kan jy steeds direk vir die saak skenk. Elke sent help om 'n onvergeetlike verskil te maak in die lewe van 'n kind wat 'n lewensbedreigende siekte beveg.

Branch Newsletter Image
'n Paar gunstellinge

As ons moes kies om net een van ons behandelings in die kollig te plaas, sal dit Fraxel DUAL moet wees. Die kouer maande is die ideale tyd vir hierdie wonder-behandlinge! Alhoewel daar hersteltyd is, maak die dramatiese verskil wat ons gesien het aan plooie, pigmentasie, letsels en sonskade dit beslis die moeite werd.

Hier onder spog ons met Annelize, Minki se skoonma, se resultate na ons eie Dokter Rulene Maré en terapeute Lisa Smith en Megan Pretorius vir haar Fraxel, Laser Genesis, TA-serum, PDT, asook afskilferings en inspuitingsmiddels gedoen het.

Branch Newsletter Image

Wat produkte aanbetref, is ons steeds verlief op SkinCeuticals Retinol 0.3. Dit lewer uitstekende resultate om kollageenproduksie te stimuleer om voortydige veroudering te voorkom, maar is sag genoeg vir enige "retinol-beginner". Vra gerus jou terapeut of dokter oor die wonder produk!

Branch Newsletter Image

Ons sien uit daarna om jou binnekort weer by ons tak te sien!

Volg ons intussen op Instagram of Facebook om op hoogte te bly van al ons nuus; ons het ook 'n toegewyde WhatsApp-nommer om u te help met afspraakbesprekings en meer - 087 153 1034.

Baie liefde,

Anneke en die Stellenbosch tak x

Branch Newsletter Image

Skandeer die QR Kode om met ons te gesels

Web Analytics