Paarl Tak Nuusbrief Maart 2022

Branch Newsletter Image

Dis moontlik effens laat om te sê Welkom Maart, maar dit is nie te laat om te sê Gelukkige Vroue Geskiedenis maand, aan al ons spesiale pasiënte, in een van die mooiste dele van die Wes-Kaap.

Is Paarl dalk een van die bes bewaarde geheime in die area?! Ons bied uitstekende wyn, musiek en dinamiese vroue. Ons vroue hou die dorp aan die gang met hul eie besighede wat ons dae veel meer aangenaam maak. Om vroue te ondersteun is iets wat Skin Renewal – en ons eie vroulike presteerder, Dr. Maureen Allem, wie die besigheid ontdek en begin het, na aan die hart lê. Dit beteken om te belê in innoverende projekte, algemene ekonomiese groei en vroulike bemagtiging. Net wonderlike goed!

'n Paar Plaaslike Voorstelle van ons Span

Paarl is een van die gewildste dorpe in die wynlande vir ongelooflike dag uitstappies met vriende en familie of net ‘n lekker koffie en bietjie rondstap. Dalk in die luim vir ‘n nuwe kledingstuk? Ons is mal oor The Wild Orchid in Frater Square in the hoofstraat. Met unieke kledingstukke vir ‘n spesiale geleentheid – bied hierdie pragtige boetiek klerewinkel van die beste items deur plaaslike ontwerpers asook van Stellenbosch en omgewing. Jy sal beslis ‘n hele paar stylvolle opsies hier vind!

Oorweeg ‘n heerlike koppie boeretroos by Lounah Café – moenie vooraf te veel eet! Jy kan hulle in die hoofstraat vind by nommer 105. Die spyskaart bied vars, ligte, maar ongelooflike ontbyt en middagete opsies. Daar is ‘n spens area waar jy kan rondsnuffel vir goedjies vir jou kombuis en ook die mooiste geskenke.

Ons is heeltemal oortuig – Paarl is verseker ‘n juweel!!

Span Paarl geniet die dorp

Ons span is ook mal daaroor om hierdie pragtige dorp van ons te verken.

Branch Newsletter Image

Ons senior terapeut, Anke, geniet ‘n aand uit by Blacksmiths Kitchen. Sy is mal oor hulle dun-basis pizza met bloukaas en vye. Hulle is geleë in Bo Langstraat, Groenvlei, met die asemrowende uitsig.

Branch Newsletter Image

Dr Chrisna geniet hul familie aandetes by Cucina de Giovanni by die historiese Laborie Estate. Haar voorstel om mee te begin? Die Prawns Spring Rolls en ‘n glass Shiraz! Laborie is in Taileferstraat- beslis ‘n besoek werd!

Skin Renewal is nou digitaal!
Branch Newsletter Image

Ons “Patient Portal” is net nog ‘n manier wat ons jou wil toerus met als wat jy nodig het om jou velsorg doelwitte te bereik. Deur digitaal te gaan, wil ons verseker dat jou velsorg reis altyd met ‘n vinnige vinger tik geniet kan word. As jy ‘n afspraak wil maak, kyk hoeveel lojaliteitspunte jy het of om jou voorgeskrewe velsorgplan te besigtig, dit en soveel meer is hier beskikbaar:

'n Nuwe Toevoeging - kom kyk gerus!

Endymed, word beskryf as ‘n revolusionêre kop-tot-tone estetiese behandeling en bied drie oplossings vir verskeie kwessies waarvoor jy dalk nog nooit voorheen 'n antwoord kon vind!

Branch Newsletter Image

Dink in terme van moderne naald behandelinge met die krag van radio frekwensie (RF) ingevoeg, wat veilig genoeg is vir alle velkleure wat bekommerd is oor post-inflammatoriese hiperpigmentasie. Vra vir ENDYMED Intensif RF Micro-Needling as 'n behandeling vir littekens, insluitende aknee-littekens en selfs diep lyne en plooie. Vir vel laksheid, fokus op ENDYMED3 DEEP RF Tightening wat selfs kan help met vel verslapping rondom die delikate oogarea. Vir kaak area, dubbel ken en nek is hierdie nuutste tegnologiese innovering, opwindende nuus. Moet jy die tekstuur van jou vel op die gesig of liggaam verfyn? ENDYMED FSR (Fraksionele Ablatiewe Radiofrekwensie) is geskik om vel op areas soos die gesig, bors, nek en hande stywer te maak. Die mengsel van fraksionele skilfering + 3DEEP™ Volumetric Heating-tegnologie gee Skin Renewal se mediese terapeute die wonderlike vermoë om genesende, kollageen te skep en te herbou.

Branch Newsletter Image

MD Codes™ is ‘n innoverende benadering in die estetiese industrie. Deur die beginsels van die gesig se anatomie te gebruik, skep die MD Codes struktuur en herstel volume, stap vir stap, terwyl dit die natuurlike beweging en uitdrukke op die gesig behou.

Hierdie is belangrik omdat die boodskap wat ons gesig uitbeeld wanneer dit rus of beweeg, bepaal hoe ander ons sien en hoe ons oor onsself voel.

Die MD Codes™ benadering kan help om moontlike negatiewe emosionele kenmerke, soos om moeg of kwaad te lyk, te verminder,  wanneer ons in werklikheid nie daardie emosies ervaar nie. Dit kan ook die positiewe eienskappe verbeter deur die vel ‘n jonger voorkoms te gee.

‘n Sterker Vel: ‘n Gelukkige Pasient se velsorg reis by ons!

Ons is altyd toegewyd om jou by te staan tydens die vordering van jou behandelinge. Onthou, meeste goed wat die moeite werd is, neem tyd. Vir die vel, soos met die lewe,, is daar geen vinnige oplossings nie. Hierdie is iemand wat ‘n belofte aan haarself gemaak het om op hierdie velsorg reis te gaan (sy het 3 behandelings by Skin Renewal gehad), insluitend chemiese afskilverings en Laser Genesis. Let op na die resultate!

Branch Newsletter Image
Die Paarl Span se gunstelinge:

NeoStrata® Ultra Moisturising Face Cream is ‘n sagte, teenverouderings room wat die vel afskilfer, versag en hidreer terwyl, dit die vel versterk. Hierdie bevogtiger kan soggens en saans aangewend word, maar dit bevat nie ‘n sonbeskermings faktor nie. So onthou om nog steeds jou sonskerm elke oggend oor hierdie room aan te wend. Hierdie produk word ook aanbeveel vir sentitiewe velle of ‘n nasorg behandeling wanneer die vel reaksie toon na enige behandeling.

– Anke, senior terapeut


Branch Newsletter Image
Verander Lewens!

Skin Renewal se visie fasiliteer voortdurende transformasie aan almal wie se lewens ons aanraak. Hierdie visie word voorgehou deur ons dokters en mediese opgeleide terapeute wat die velsorgreis saam met hul pasiënte stap. Dit is ook elke persoon by Skin Renewal se doelwit om hierdie visie van opheffing en ondersteuning tuis te bring in die gemeenskap.

Met vanjaar se liefdadigheids projek, is hierdie ook ons doel.

Al 18 Skin Renewal takke neem deel aan hierdie insiatief om die 3 organisasies wat ons ondersteun, by te staan in elke provinsie. Ons doelwit hierdie jaar is om ‘n 1000 pakkies Komani herbruikbare sanitêre doekies beskikbaar te maak. Vir elke 100 pakkies wat ons ontvang, gaan ons tyd spandeer by die gemeenskap om hulle beter in te lig oor persoonlike higiëne en hoe om hulle sanitêre pakkies te gebruik en te versorg.

Skin Renewal - Lojaliteitsprogram
Branch Newsletter Image

“SkinBucks” is ons komplimentêre lojaliteits program wat jou, as ons Skin Renewal pasiënt, beloon vir jou voortgesette ondersteuning. As ‘n lid van die Loyaliteits Program, verdien jy “SkinBucks” elke keer as jy by ‘n tak of deur ons aanlynwinkel betaal. Hierdie punte kan gebruik vir behandelings, produkte of geskenkbewyse. Vir meer inligting oor die program, gesels gerus met enigeen van ons spanlede tydens jou volgende afspraak by ons.

Branch Newsletter Image

Ons sien baie uit daarna om jou binnekort weer by ons kliniek te sien. Intussen, kuier gerus by ons op Instagram en Facebook vir al die nuutste produkte, behandelings en Paarl-tak nuus.

Indien jy nie geweet het nie, ons het ‘n toegewyde WhatsApp nommer – 072 440 1562 – hier kan ons jou help met enige ingligting, afsprake en meer.

Ons wens jou ‘n goeie jaar vorentoe gevul met liefde en geluk!!

Baie liefde 

Jou Skin Renewal Paarl Span

Xoxo

Web Analytics