Paarl Tak Nuusbrief

Branch Newsletter Image

Dit is altyd lekker om in te loer vir ‘n vinnige geselsie en des te beter nog in die winter, veral om interessante idees te deel. Die Paarl span, Anke (medies opgeleide terapeut), Dr Chrisna en ek, Helette, die tak bestuurder, deel graag drie ongelooflike wenke wat jou kan help om jou vel versorg te hou deur die koue maande.

Anke se Wenk vir die Winter
Branch Newsletter Image

“Dual Fraxel is ideaal vir koeler maande wanneer die vel se pigmentselle minder aktief is. Dual Fraxel gebruik laser energie om die epidermis binne te dring. Dit lewer dan mikroskopiese lig lyntjies in die dieperliggende dermis laag van die vel. Dit het tot gevolg dat die liggaam reageer om die einas gesond te maak. Die genesings-proses veroorsaak dat kollageen en elastien reaktiveer. Onthou, kollageen en elastien is noodsaaklik vir ‘n gesonde en jeugdige voorkoms en oor tyd, word minder hiervan in die liggaam vervaardig. Tydens die behandeling word die beskadigde vel vervang met nuwe vel wat gesonder, meer vars en jonger vertoon.”

Helette se Wenk vir die Winter
Branch Newsletter Image

“Ek baseer my velsorg roetine op beginsels van beskerming soggens en herstel saans. Gedurende die dag fokus ek op teen-veroudering en beskerm my vel met anti-oksidante en sonbeskerming. Saans behandel ek veroudering met bestanddele soos vitamine A (Retinol) en peptiede. Ek gebruik serums want dit het meer gekonsentreerde bestanddele.”

Dr Chrisna se Wenk vir die Winter
Branch Newsletter Image

“Die winter is ‘n goeie tyd om meer indringende behandelinge te oorweeg, moontlik vir letsels, vel tekstuur en om die vel meer ferm te maak. RF Needling en Endymed Intensif RF Micro Needling is mikro naald behandelinge wat radiofrekwensie kombineer, om hitte in die dermis lag van die vel te genereer. Dit bevorder natuurlike genesing en jou vel se tekstuur verbeter. Hierdie behandeling is veilig vir alle tipes vel.”

Ons deel graag ons Omgee-harte
Branch Newsletter Image

Is dit nie ‘n wonderlike gevoel om te kan gee nie? Studies het bewys dat om vir ander te gee, inderdaad so goed vir jouself is. Dit word beweer dat dit ‘n manier is om stres te verminder. Dit hoef nie noodwendig ‘n donasie te wees nie. Soms verg dit dat ons buite ons eie bestaan tree vir ‘n oomblik en besef wat ons moontlik vir iemand anders kan doen. Dit gee moontlike verligting van iets wat jou pla.

Twee projekte het ons harte geraak – Komani en Reach for a Dream se pantoffel dag. Ons neem deel aan pantoffel dag en ondersteun voortdurend die wonderlike werk wat hulle doen in die lewens van kinders wie ernstig siek is.

Branch Newsletter Image

Ons deelname en werk met Komani behels dat ons weet elke vrou en jong dame het ‘n reg tot basiese gesondheid, spesifiek wanneer dit hul maandelikse menstruele siklus betref. Tydens hul maandelikse siklus gaan sommige meisies nie skool toe as gevolg van ‘n gebrek aan sanitêre versorging.

Een van ons pasiënte staan die kans om R1000 minder te betaal vir hul volgende behandeling by ons, bloot deur ‘n donasie van slegs R50 te maak as bydrae vir die aankoop van een pakkie Komani, herbruikbare sanitêre doekies.

Enigeen in ons tak kan jou meer vertel aangaande hierdie wonderlike inisiatief.

Ons Mei Promosies:
Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image

Ons wens jou ‘n snoesige, gelukkige en veilige winter en hoop om jou binnekort te sien. Mag jou vel so goed lyk soos wat jy goed voel en moenie vergeet nie, Skin Renewal staan altyd reg vir jou met ‘n towerstaffie.

Liefde
Die Skin Renewal Paarl tak

xoxo

Web Analytics