Paarl Nuusbrief Oktober 2023

Branch Newsletter Image

Paarl het ‘n dorpshart met plattelandse siel. Ons is trots daarop om hierdie pragtige plek met jou te deel en met almal wat onlangs hierheen getrek het. Kom loer gerus in by ons pragtige Skin Renewal tak. As jy lus is om ‘n behandeling te doen of bloot net hallo te sê, ons verwelkom jou met ope arms. Ons sal jou ook vertel van al die plekke in Paarl wat ons geniet om te besoek

Ons verjaar!

Vyf wonderlike jare het gekom en gegaan, en dit was tyd om partytjie te hou!

Ons 5de verjaarsdag was 'n getuienis van ons toewyding en spanwerk, en dit is 'n ongelooflike mylpaal wat ons saam bereik het.

Hierdie reis sou nie moontlik wees sonder ons span nie. Die harde werk en passie het ons sukses gevorm. Ons sê ook "Baie dankie" aan ons lojale pasiënte wat ons deurlopend ondersteun het.

Agter ons is daar 'n netwerk van ondersteuningsisteem, familie en vriende. Julle aanmoediging was van onskatbare waarde.

Wat lê voor? Die beste kom nog! Terwyl ons die toekoms aanpak, bly ons toewyding aan innovasie, kwaliteit en pasiënttevredenheid onveranderd.

Die volgende vyf jaar belowe om selfs nog beter te wees!

Branch Newsletter Image
Hierdie drie eetplekke sal daardie honger kolletjie vul

Behalwe wyn, bied Paarl ook betowerende restaurante wat eg plaaslike kos bedien natuurlik met die warm gasvryheid soos net die platteland kan bied.

Branch Newsletter Image

Knus Karoo Kombuis: Bovenland plaas, Pieter Hugostraat, Paarl

Die atmosfeer is knus, soos in ‘n Karoo kombuis met pragtige tuine en ‘n puik speel area. Die ideale restaurant vir ‘n gesin met gesonde kos. Jy kan gerus ‘n dag hier spandeer.

Branch Newsletter Image

Vendôme Restaurant: Vendôme Landgoed, Arboretumlaan, Paarl

Dink aan 200 jaar oue eikebome, knetterende kaggel, dik matte, hartskos en uitsoek wyn. Ideaal vir kouer dae en terwyl ons in afwagting uitsien na die somer. Geniet die gemak en romantiese, dog huislike atmosfeer van Vendôme.

Branch Newsletter Image

Stoep - Laboerie, Taileferstraat, Paarl

Tussen wingerde met ‘n asemrowende uitsig, is Stoep die bistro-styl eetplek wat van die plaas na die tafel opdis. Jy kan gerus van die vars produkte wat in die restaurant gebruik word, koop. Vars plaaseiers en aioli is ‘n moet asook vele meer wat die plaaslike gemeenskap bied.

Rugby Gees!

Behalwe die rugby wêreldbeker, word Paarl gedurende die laat winter in ‘n groen en blou segmente verdeel. Die dorp vier die eeuoue interskole rugby glorie tussen Paarl Gimnasium en Paarl Boys’ High. Hierdie tradisie het in 1915 begin en word gereken as die enkele grootste interskole kragmeting ter wêreld. Op 5 Augustus hierdie jaar het Paarl Gimnasium die oorhand oor Paarl Boys’ Hight gehad. Die telling, 20 – 17 op die Faure Stadion.

Branch Newsletter Image
Ons Groei!

Ons is dankbaar en trots om nog ‘n terapeut te verwelkom Ons kan sodoende meer omvattende behandlinge bied. Ons kan ook meer mense se vel en gesondheidsreis, verpersoonlik. Baie dankie aan ons span wat daagliks die lewens verander van almal met wie hulle paaie kruis.

Branch Newsletter Image
Dr Helenka Vakansie

Dr Helenka het bietjie warmer weer gaan soek. ‘n Welverdiende blaaskans het haar na die Mediterreense kus geneem. Die historiese prag van Porto in Portugal (ook bekend vir hulle Port wyn) en die Algarve se goue strande en watersport, het haar aangegryp. Sy het Madrid (in Spanje) geniet vir die kuns en kultuur en die lewendige tapas plekkies. Sy is uitgerus en gereed vir die besige seisoen, met ‘n effense ánimo as sy stap.

Branch Newsletter Image
Nuut van Neostrata

Twee nuwe produkte van NeoStrata met verskeie voordele afhangende van jou teen veroudering.

Branch Newsletter Image

Neostrata Skin Active Potent Retinol Complex is 'n aktiewe kragtige Retinol vermenging en verskaf sigbare vermindering van vlekkies en plooitjies.

Neostrata Skin Active Hyaluronic Luminous Lift is 'n unieke vermenging van teen veroudering, verheldering en voedende bestanddele. Suiwer Retinol help met die vermindering van fyn lyntjies en plooitjies.

MesoBrite™ : Hoe n skilfer behandeling jou blosende gelaat beskerm

Ons MesoBrite™ is ‘n mediese depigmenterende behandeling wat hardnekkinge pigmentasie effektief en progressief elimineer. Die resultaat is omvattend en langdurend. Die behandeling werk op die versamelde pigment (melanien) in die vel en op die oorsprong van die problem, die produksie van pigment.

Die behandeling behels drie hoof stappe:

1. Voorbereiding van die vel en herstel van die vel se opperlaag en om moontlike inflammasie en pigment prikkels onder beheer te bring.
2. Die behandeling in die kliniek met die depigmenterende masker wat die behandeling van donker koller of melasma aan die gang sit.
3. Voortgesette tuisbehandling onderhoudende behandling wat verder die resultate verbeter.

Kyk video hier: MesoBrite™

Hoekom toegewyde velsorg noodsaaklik is

Toegewyde onderhoudende velsorg is noodsaaklik om jou verlangde resultate te bereik. Indentifiseer jou tipe vel en vel kommernisse en skep ‘n velsorg roetine met kliniek behandelinge, skoonmaak, afskilfering, bevogtiging en son beskerming. Bly by die plan en vernader soos jou vel reageer. Geduld en toegewydheid is die geheim om langtermyn voordele te sien.

Branch Newsletter Image
Ons Oktober promosie
Branch Newsletter Image
Web Analytics