
Skin Renewal vier hierdie Julie 20 jaar van transformasie, en met 20 klinieke landswyd is die Paarl-tak steeds een van die ‘babas’ in die familie. Ons is nou 7 jaar deel van die Paarl-gemeenskap en jou reis na die beste weergawe van JOUSELF. Dit is steeds ’n voorreg om deel te wees van só ’n dinamiese gemeenskap, en ons is opgewonde om ons nuus met jou te deel.
Ons geliefde Meandra het na ’n jaar by Skin Renewal Paarl ’n senior terapeut-pos by ons sustertak in Cape Quarter aanvaar. Met trots, ’n tikkie hartseer en baie goeie wense, groet ons haar en wens haar alle sterkte toe in die stad. Meandra het haar reis as student by ons Willowbridge-tak begin en het fenomenaal gegroei hier by ons in die Paarl. Haar toewyding en entoesiasme vir elke pasiënt se velsorgreis sal haar nog lank baat en tot nuwe hoogtes neem.

Ons is opgewonde om Karlien, ons nuutste terapeut in Paarl, te verwelkom! Ná drie jaar op die oop see, waar sy gevorderde velsorgbehandelings op passasiersskepe bemeester het, is sy terug in Suid-Afrika en kom gooi anker hier in die Paarl. Karlien is oorspronklik van Mosselbaai, en bring ’n internasionale ervaring na die Boland. Sy sien sy uit daarna om die Wynlande te verken en deel te wees van jóú velsorgreis.

Die legendariese stryd tussen Paarl Gimnasium en Paarl Boys High laat elke jaar die Paarl se strate gons in Augustus, en 2025 is geen uitsondering nie. Ons tel in spanning die dae af tot Saterdag, 2 Augustus 2025, vir die wêreld se grootste skolerugbyderby wat Faurestraatstadion én TV-skerms regoor die land gaan laat kook.
Voorspel die eindtelling en staan ’n kans om ’n geskenkpak ter waarde van R2,755 te wen!
Besoek eenvoudig Skin Renewal Paarl en ondersteun jou span, die “Bloedworse” of “Galpille”, deur die eindtelling van die wedstryd te voorspel.
Die wenner stap weg met ’n Journey leer-reissakkie, SkinCeuticals P-Tiox, NeoStrata Comprehensive Retinol Eye Cream en ’n Skin Renewal koffiebeker.

Skin Renewal bring gereeld die nuutste wêreldneigings huis toe om jou velsorgreis na die volgende vlak te neem. Ons Skin Renewal-dokters en terapeute ontvang deurlopende interne opleiding, en ons is trots daarop om aan te kondig dat Bianca, ons Senior Terapeut, gevorderde opleiding in ons CO₂-laser suksesvol voltooi het! Hierdie behandeling verjong die vel, verminder fyn lyntjies en versag littekens. Jou vel is veilig in Bianca se ervare hande - vir resultate wat straal.

Die winter is die ideale tyd om jouself te bederf. Dr Liz se wenresep vir koue aande? ’n Sagte kombers, ’n reeks op Netflix (soos “Department Q” of “The Chosen”), en ’n velsorgroetine wat jou vel koester. Haar gunstelinge vir die koue maande: Lamelle Renewal Cream en Skin Renewal Couperosis Cream – perfek om daardie winterdroogheid te beveg. Voel goed, van binne én buite – omvattende selfversorging maak die verskil.

Ons twee mammas in die tak is alewig op soek na nuwe, plaaslike juwele wat die kinders ook sal geniet. Zee en Elzaan beveel Giovannis by Laborie aan vir hulle gesinsvriendelike atmosfeer, sandput, speelarea, pragtige uitsig en natuurlik die bekende pizzas, asook Clay Café vir kreatiewe pret, Sunday Funday-geleenthede en ’n fantastiese speelarea vir die kleintjies. Ons ís plaaslik en ons ondersteun plaaslik!

Niks maak die siel (en maag) so warm soos ’n bakkie van Dr Chrisna se geroosterde groentesop nie. Propvol botterskorsie, wortels en kersietamaties – ’n eenvoudige, gesonde dis, perfek vir die koue dae. Sit dit voor met vars ciabatta en jy het jou nuwe winter-gunsteling.

Matrieks, kry julle rokke reg – dit is amper tyd vir die matriekafskeid! Saam met die spesiale geleentheid, beveel ons ’n behandelingsplan aan wat chemiese afskilfering, Laser Genesis en ons unieke MesoGlow-gesigbehandeling kombineer – vir resultate wat wys én jou laat goed voel. Met vier maande oor is dit die perfekte tyd om daardie reis na glansende, selfversekerde vel te begin.

Ontsluit Holistiese Welstand met Skin Renewal se Elite Lidmaatskap.


Ons YouTube-kanaal is jou bestemming vir insigte van ons dokters, werklike oplossings en alles wat jy nodig het om selfvertroue in jou vel te hê.

Vir meer wenke, inspirasie en plaaslike liefde, volg ons op sosiale media en ontdek wat jou naaste Skin Renewal-tak ’n “moet-besoek” bestemming maak.