Paarl Nuusbrief

Branch Newsletter Image

Die Green Building Council of SA het Cecilia Square goedgekeur as ‘n planeet-vriendelike gebou. Dit beteken dat die gebou nou as ‘n "Green Star" gebou geklassifiseer is. Dit is die eerste sodanige gebou in die Paarl. Hierdie is onder andere te danke aan beligting wat by die omgewing lig aanpas, en lugversorging wat op beweging reageer, wat dan energie bespaar.

Die ontwerp van die gebou is gedoen met die doel om minder as die helfte energie te gebruik as meeste konvensionele geboue. Dit gebruik 70% minder water – alles getuienis van Paarl se toewyding om omgewings vriendelik te wees. Knap gedaan, Cecial Square #TrotsPaarl

Branch Newsletter Image
Ons Verjaar!

Op die 24ste September is ons 4 jaar deel van die wonderlike Paarl gemeenskap. Ons gebruik hierdie geleentheid om dankie te sê aan elkeen van ons pasiënte vir hul ondersteuning.

Skin Renewal is besig om landswyd die besigheid se splinternuwe handelsmerk te implementeer. Ons Paarl tak het onlangs hierdie nie-chirugiese oorskakeling gehad. Die treffende nuwe kenteken en die goud, wit en swart kleure vertoon pragtig. By ons Paarl tak glo ons jy sal saamstem dat hierdie nuwe beeld tesame met ons dekor en onbeknopte spasies, beslis koppe sal laat draai.

‘n Heildronk op die toekoms!

Branch Newsletter Image
Deel in die gees van die Paarl
Branch Newsletter Image

Dit was absoluut wonderlike om deel te kon wees van die gees in die gemeenskap tydens die interskole – een van die gunsteling tye van die jaar. Ons tuisdorp word ‘n landskap van blou en groen wanneer sowat 500 000 toeskouers (25 000 by Faurestraat, en die res op TV), die jaarlikse rugby kragmeting tussen Paarl Boys High en Paarl Gimnasium geniet. Dit is die grootste jaarlike interskool wedstryd ter wêreld. Dit het in 1915 begin en slegs drie keer in meer as 100 jaar, het dit nie plaasgevind. In 1928 het Paarl Gimnasium onttrek en in 2020 en 2021 het die Covid-19 pandemie die kragmeting verhinder.

Branch Newsletter Image

Die seun van een van ons Skin Renewal Paarl familie, is deel van die Paarl Gimnasium groep.

Knap gedaan Christiaan!

Ons Nuwe Gesigte: Dr Helenka en Dr Riaan
Branch Newsletter Image

As gedissiplineerde en toegewyde mens, is Dr Helenka passievol oor kuns, tale en klassieke musiek. Sy het meer as 15 jaar se ondervinding van die mode- en filmbedryf. Sy geniet roei en hardloop, en maak ook tyd vir erkenning – sy spog met die Women in Leadership Award van die Frederick Van Zyl Slabbert instituut en ‘n Duke of Edinburgh Award.

Dr Helenka het intensiewe interne opleiding van Skin Renewal se opleidingspan gehad. Sy het ook aansienlike tyd saam met Dr Maureen Allem spandeer – sodoende kon sy die kompleksitiet van estetika goed bemeester. Dr Helenka konsulteer by ons Skin Renewal Wes Kaap take naamlik Paarl, Willowbridge en Stellenbosch.


Branch Newsletter Image

Dr Riaan Van Tonder is passievol oor medisyne en sport. Ons is verheug om te mag deel in sy uitgebreide ervaring van die lewe en sy mediese ondervinding. Hy deel hierdie kennis met ons pasiënte en terapeute by ons Wes Kaap klinieke. Dr Riaan het sy mediese graad van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Daarna het hy ‘n MBA by die Edinburgh Business School voltooi. Jy weet dus, aangaande estetika, bedoel hierdie man besigheid.

Dr Riaan het meer as 15 jaar se ondervinding opgebou in samewerking met 'n plastiese chirurg by die Panorama kliniek. Daarna het hy sy uitstekende reputasie as medies estiese dokter voortgesit onder die bekroonde Dr Maureen Allem, Skin Renewal se stigter en mediese direkteur. Hy beskryf dit as ‘n “lewensdroom”.

Dr Riaan sien uit om jou velsorgreis saam met jou te beplan by ons Paarl, Willowbridge, Stellenbosch en Claremont klinieke.


Senior terapeut, Anke, beveel aan
Branch Newsletter Image

BEHANDELING: Intensif RF Needling

Hierdie wonderlike mediese behandeling behels die mees gevorderde radio frekwensie (RF) mikro naald tegnologie. Verstelbare naaldjies wat kan wissel van 0.1mm tot 5.0mm met verstelbare krag en pols wydte, maak die behandeling pasmaak vir tipe vel an die area wat behandel word.

·      Dit is nie pynlik. Maklike beweging laat die puntige naaldjies die vel binnedring met vol bloedstolling (tot 70 grade Celsius) en die pasiënt ervaar geen ongemak.

·      Dit is vining. Die hersteltyd na behandeling is baie vinniger as meeste ander soortgelyke toestelle, met geen trauma, bloeding of kneusing.

PRODUK: Heliocare 360 Pigment Solution Fluid

Heliocare 360° Pigment Fluid SPF 50 is n ultra ligte sonbeskermings produk wat help om hiper pigmentasie te verbeter sowel as eenvormige vel skakering.

·      Hoof bestanddele sluit in optimale en stabiele kombinasies van UV filters om die vel teen vier tipes blootstelling te beskerm (UVB-UVA-VL-IRA). Sluit ook in blou lig wat deur kunsmatige ligbronne veroorsaak word.

·      Fernblock®+ verhoed die vorming van reaktiewe suurstof tipes, wat die risiko van DNA beskadiging verminder.

Dr Chrisna beveel aan
Branch Newsletter Image

BEHANDELING: Sculptra

Sculptra is ‘n nuwe kollageen bio-stimulant wat verkeie onderliggende verouderingsprosesse aanspreek om sodoende die algehele strukturele ondersteuning van die vel te verbeter. Met sterk wetenskap, geskiedenis en nuwe FDA gradering, is Sculptra deeglik op dreef as die volgende noodsaaklike nie indringende behandeling

Behandelinge is minimal indringend met kort hersteltyd. ‘n Program van 2 tot 3 behandelinge elke 4 tot 6 weke, met 1 of 2 houertjies, vir die verlangde effek, word aanbeveel. Om resultate te onderhou, word een behandeling per jaar aanbeveel.

PRODUK: SkinCeuticals Phyto A+ Brightening Treatment

SkinCeuticals Phyto A+ Brightening Treatment is ‘n olievrye gel bevogtiger wat die vel se gloed, tekstuur en helderheid verbeter. Dit is geskik vir olierige, kombinasie en aknee tipe velle met na inflammatoriese hiperpigmentasie. Dit help om die voorkoms van donker merkies te moduleer sonder om puisies of sensitiwiteit te bevorder. Dit is ideaal om erge inflammasie neigende vel mee te behandel.

Ons stel bekend: HArmonyCa
Branch Newsletter Image

HArmonyCa is 'n saamgestelde netwerk vuller - jy mag dalk nie gou weer jou sosiale media foto's op te kikker. Hierdie hibried tipe vuller lewer klinies merkwaardige resultate in meer as 90% pasiënte. HArmonyCa herstel volume in die gesig en verbeter tekortkominge. Dit bevorder die skep van natuurlik gesintetiseerde kollageen deur die liggaam, deur gebruik te maak van Calcium Hydroxyapatite mikrosfere.

Dit verstewig kruis-skakeling met Hyaluronic Acid deur middel van 'n ingewikkelde netwerk wat klein partikels daarstel. Dit klink verseker ingewikkeld, so dit is dalk beter om nie te veel oor die wetenskap daaragter te bekommer, maar eerder te fokus op die bewese resultate, danksy die kragtige kombinasie van Calcium Hydroxyapatite en Hyaluronic Acid, in een samestelling.


Vertrou die Proses

Langtermyn resultate en resultate wat vertroue wek, neem tyd. Ons besef nie altyd hoe gelydelike vordering bydra tot uitstekende resultate. Dit is waarom ons graag voor en na behandeling foto's deel. Kyk gerus op hierdie foto's, met vriendelike goedkeuring van die pasiënt, die resultaat wat bereik is met 'n reeks behandelinge met ENDYMED FSR (Fractional Ablative Radiofrequency).

Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image
Geen Filter Nodig Nie!
Branch Newsletter Image

Die pragtige en talentvolle Amy Jones wat sekerlik bekend is vir haar jongste treffer "I think I'm in love", het haar velsorgreis saam met Dr Chrisna begin. Ons tak geniet haar sprankelende en aansteeklike energie.

Amy het ook onlangs met haar blosende gelaat by ons bemarkings aand in die Kaap, gespog. Volg haar gerus op Instagram om uit te vind water behandelinge en produkte sy gebruik.


September Promosies
Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image
Branch Newsletter Image

Ons sien uit om jou binnekort by ons tak te verwelkom. Jy kan intussen met ons in kontak bly by wyse van Instagram en Facebook, sodat jy op hoogte is met al ons nuus en verwikkelinge.
En net ingeval jy nie bewus was, ons het ‘n aangewese WhatsApp nommer waar jy inligting kan aanvra of ‘n bespreking doen.

Ons nommer is 0871531033.

Tot volgende keer!

Groete,

Helette en die Skin Renewal Paarl Spa

Web Analytics