
By Skin Renewal Lynnwood glo ons dat elke lid van ons gemeenskap deel is van ’n groter storie: ’n storie van sorg, ondersteuning en ’n gesamentlike reis na gesonde, stralende vel en selfvertroue.
In hierdie nuusbrief stel ons nuwe gesigte bekend, vier mylpale en deel stories van inspirasie. Lees verder en sien wat ons Lynnwood-familie so uniek maak!
Ons is verheug om vir Anri by die Lynnwood-span te verwelkom, oorspronklik van die platteland en nou gevestig in Pretoria.
Anri het haar CIDESCO-kwalifikasie in Somatologie in 2024 aan die Potchefstroom Akademie verwerf en is tans besig met haar Advanced Aesthetics-studies deur Isa Carstens Akademie om haar kennis verder uit te brei en haar pasiënte nog beter te bedien.
Haar passie vir velsorg en haar kundigheid in moderne, bewysgebaseerde tegnieke bring vars energie en ’n professionele aanraking na elke behandeling.
Haar gunsteling behandeling is Cryotherapy, ook bekend as “Fat Freezing”. Hierdie behandeling gebruik koue tegnologie om ongewenste vetsellie in die liggaam te verminder en die silhoeët te verfyn op ’n veilige manier.
Buite die behandelingkamer geniet Anri flieks, tyd saam met vriende en ’n goeie steak. Sy erken sy vergeet soms waar sy haar motor geparkeer het, maar bring altyd positiewe energie en ’n opregte glimlag waar sy ook al gaan.
Ons is opgewonde om haar deel van die Skin Renewal-familie te hê. Welkom, Anri.

Dr Shannon Bayly het reeds in Januarie 2024 by die Skin Renewal-span aangesluit, en sprei nou haar vlerke na Pretoria-Oos toe. Sy het haar loopbaan in Natal begin, waar sy waardevolle ervaring in chirurgie, trauma en noodgeneeskunde opgedoen het. Haar passie om wetenskap en kuns te kombineer, het haar na Estetiese Geneeskunde gelei, waar sy onder leiding van ons stigter, Dr. Maureen Allem, opgelei is.
Sy luister, verduidelik als mooi sodat jy dit verstaan, en sy laat jou laat jy’s deel van die plan. Sy bring kennis, balans en warmte na elke konsultasie en is ’n waardevolle deel van ons Lynnwood-mediese span.

Ons sê met waardering en goeie wense totsiens aan Dr Lindsay, wat op pad is na ’n nuwe hoofstuk in Ierland. Haar warmte en toewyding het ’n blywende indruk gemaak.
Ons wil egter verseker dat al ons pasiënte se sorg en behandelings voortgaan sonder onderbreking.
Dr Sinead, Dr Janene en Dr Shannon is beskikbaar om elke pasiënt se reis voort te sit met dieselfde aandag en sorg wat hulle gewoond is. Niks gaan verlore nie; die pad vorentoe bly net so persoonlik en professioneel soos altyd.

Op Mandela-dag het die Lynnwood-span hul harte en hande oopgemaak deur plaaslike motorwagte te bederf met warm koffie en beskuit.
’n Klein gebaar met groot dankbaarheid om diegene te erken wat ons daagliks met hul diens en glimlagte ondersteun.
Om saam terug te gee, versterk ons bande buite die kliniek se mure.

Dr Sinead en Lourita het onlangs die 10 km Spar Vroue-uitdaging met vasberadenheid en groot glimlagte voltooi.
Wat meer as 30 jaar gelede begin het as ’n eenvoudige wedloop om vroue van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke saam te bring, het gegroei tot Suid-Afrika se mees geliefde padwedloop. Ons is trots op hul prestasie en die energie waarmee hulle dit aangepak het.

Oktober is Borskanker-bewustheidsmaand, en ons ondersteun met trots die ILoveBoobies-veldtog.
Sluit by ons aan deur ons kleurvolle ILoveBoobies-sokkies te koop. Elke vyf pare wat verkoop word, befonds ’n noodsaaklike borskankerondersoek vir ’n vrou wat dit andersins nie sou kon bekostig nie.
Ons versierde Boobie Box in die tak wag ook vir jou bydrae. Pasiënte is welkom om hul sagkuns gebruikte bra’s daarin te skenk, wat op weer geskenk word aan dames wat vir ‘n ondersoek gaan.
Deur deel te neem, word jy deel van ’n gemeenskap wat saam teen borskanker baklei - met kennis en ‘n sterk gevoel van saamstaan.
Laat ons saamstaan om lewens te red: een stap, een sokkie, een skenking op ’n slag.

Dr Sinead en haar man het pas teruggekeer van ’n asemrowende reis na Santorini en Mykonos in Griekeland.
Met pragtige uitsigte, ontspanning en avontuur het hul reis ons almal geïnspireer om soms ook die wêreld buite ons roetine te gaan verken.

Hierdie maand se uitblinker is MethylFlow, ’n teikengerigte aanvullingsformule vir diegene met genetiese variasies soos MTHFR-mutasies.
Dit ondersteun metabolisme, bui en hormoonbalans en is veral nuttig tydens menopouse en outo-immuun uitdagings.
MethylFlow span saam met magnesium en vitamien D om jou energie ’n hupstoot te gee, jou liggaam skoon te maak en jou sommer weer vol lewe te laat voel.

Anri sweer by die Age-Defying Complex, ’n kragtige maar sagte kombinasie van ses aktiewe bestanddele.
Hierdie formule help om plooie te verminder, fermheid te verbeter, gelyke veltoon te bevorder en intense hidrasie te bied.
Perfek vir sensitiewe velle en ’n noodsaaklike deel van enige aand-velsorgroetine vir diegene wat ’n gesonde, jeugdig gloei wil behou.


Stel jou voor jy kan die hele jaar deur spog met besparings, luukse behandelings en eksklusiewe voordele, sonder om te wag vir ’n promosie. Met ons Elite Lidmaatskap Program geniet jy onmiddellike afslag op alle behandelings en produkte, komplimentêre geskenkbewyse, asook prioriteitstoegang tot ons gewildste afsprake en spesiale geleenthede.
Of jy nou Onyx, Gold of Diamond kies, jy word elke maand beloon met voordele wat jou vel laat gloei en jou ervaring onvergeetlik maak.


Dankie dat jy deel is van die Lynnwood Skin Renewal-familie
Ons sien daarna uit om nog stories, wenke en oomblikke met jou te deel in elke uitgawe. Hou ons sosiale-media bladsye dop vir die jongste velinsigte, tendense en gesins-hoogtepunte.
Saam koester ons skoonheid, van binne en buite.